Ons Verwelkom Jou

Ligpunt Gemeenskap is ‘n christelike familie wat nastreef om dissipels van Jesus te wees!
060A3507

Die gemeente se ontstaan is deur die lewende ware God geskep en hierin sal Hy altyd die Hoof in waarheid bly. Hierdie gemeente behoort aan die Lewende ware God en van ons word verwag om die uitvoering en diensbaarheid en gaan ons siele bedien soos Hy ons leer deur Jesus Christus in die Woord van God uiteengesit soos in Mattheus 10 en Lukas 10.

Die gemeente het spontaan onstaan (a.g.v) as gevolg van ‘n behoefte van ‘n groep mense wat ‘n geloofsgemeenskap met Christus as die Hoof , ‘n Geesvervulde gemeente gesoek het, om ‘n lewende verhouding met God te hê en Sy liefde teenoor mekaar te leef, maar wat steeds met verantwoordbaarheid aan Familia Dei Netwerk staan.

  • Die Visie: Visie vir 2023 soos die Heilige Gees dit gegee het om Ligpunt Gemeenskap to mobiliseer as ‘n familie van Christus, om as familie, tuis en warm te voel in die lig.
  • Die Missie: Om God se visie, die Bybel as Hemelse Grondwet, uit te leef. Niks te ontneem en niks by te voeg nie.
  • Geloofsbeleid: ONS GLO in die Ewige drie-enige God, Almagtige Skepper, Onderhouer en Regeerder van die ganse skepping. ONS GLO in God die Vader, as ons Leier, Hoof, en enigste God, Jesus Christus as ons Verlosser en die Messias, en word Heilige Gees gelei.

    ONS GLO dat die Bybel, 33 vertaling die geskrewe woord van God is en geskryf is deur mense gelei deur die Heilige Gees as God se enigste woord. Ons glo dat dit die wil van God gesaghebbend verkondig en ons alles leer wat vir die saligheid nodig is.

060A3502
060A3495
  • Doop: Ons glo in die doop soos Markus 16 en Matteus 28 in die Naam van die Vader, Seun en Heilige Gees. (Johannes 1 en Johannes 3). Daarom is die doop ‘n baie belangrike bediening in ons gemeente.
  • Nagmaal: Ons glo om die nagmaal te gebruik, sondebelydenis te doen en in vryspraak die Here te dien.
  • Sondebelydenis: 1 Johannes 1 :7-9 ons glo in belyding van sonde en vrymaking deur Jesus Christus.
  • Heiligmaking: Ons glo in Heiligmaking soos die Here aan ons verduidelik in Hebreërs 12 vanaf vers 24.
  • Dissipelskap en wen van siele: Ons glo aan die woord van God wat vir ons die finale opdrag gee in die Woord, daarom is sielbelange en wen van siele vir ons ‘n prioriteit tot eer van God

Ons Forms

Vul asseblief die Onderstaande forms, vir enige navrae skakel ons gerus.

Doop Aansoek

Kontak ons gerus vir enige afsprake of addisionele inligitng.

Versoek Form

Kontak ons gerus vir enige afsprake of addisionele inligitng.

"Here God, ek loof U dat ek verseker mag weet dat U ten spyte van my omstandighede steeds in beheer bly; dat U onderneem om my te red en te beskerm wanneer dit nodig sou raak. Amen. "

Raad En Personeel

Videos

Ons livestream elke Sondag om 09:30 op Youtube. U kan “Ligpunt Gemeenskap” opsoek vir videos, indien u die link elke sondag op die selfoon wil ontvang vir die Sondag uitsending, skakel gerus die kantoor.

“Wees nie bevrees nie, wurmpie Jakob, volkie Israel! Ék help jou, spreek die Here, en jou Losser is die Heilige van Israel.”

Jesaja 41:14

Bedieninge

Jeug Groepe

  • Ons Jeug-groep se naam is: “Binne-kring Jeug”
  • Dit vind plaas elke vrydag van 17:00 tot 19:30
  • van graad 7 tot graad 12

Kontak persoon: William Paul Einkamerer – 083 247 2743

Kinderkerk

  • Kinderkerk vind plaas sondae tydens die diens.
  • hulle doen ‘n groot verskydenheid projekte en lesse en speletjies.
  • Kinderkerk sal jaarliks pryse en diploma ontvang vir bywoning. Klasse word ook verdeel in 2 groepe.
060A3315
060A3494

Kombuis

Persoon verantwoordelik: Elma Einkamerer – 083 289 3250

Kruispunt Barmhartigheid

Kruispunt Barmhartigheid Diens onderhewig aan skenkings en donasies
Skakel Lettie van der Linde: 071 851 4405

Vers Spreuke 19:17 “Wie hom ontferm aan die arme, leen aan die Here”

Selgroepe

Indien iemand wil betrokke raak by ‘n huis sel kan hulle vir  die Kantoor skakel: 071 851 4405

Woordreisigers

  • Dit gebeur weekliks, Aangebied deur – Coba Nieman
  • Baie diep en insiggewende leëring oor die Woord. Daar word in diepte gedelf in die Woord.

Vir enige navrae kan die kantoor gekontak word by – 071 851 4405

Worship

Ons Worship-team is baie passievol om Jesus se Naam groot te maak. Dit gaan nie net oor musiek maak nie maar oor Aanbidding. As die Here dit op jou hart plaas, kom raak betrokke. Danie Jakobs – 082 948 2983

060A3521
060A3338

Vroue bediening

Vroue bediening behels enige hulp wat verband hou met funksies van die kerk.

Persoon verantwoordelik: Elma Einkamerer – 083 289 3250

Young Adults

  • Young Adults vind plaas elke woensdag 19:00
  • “Daars lekker koffie en beskuit, so moenie bekommerd wees oor jou aand ete na werk nie.

Kontak persoon: William Paul Einkamerer 083 247 2743

Bybelskool en Berading opleiding

Beraders word opgelei om hulle eie Praktyk in berading te begin en word toegerus om op ‘n hoë standaard te beraad.

Berading

Indien u berading nodig het, word dit op afspraak geboek by die kantoor. Amanda Maritz doen die kinderberading en Pastoor Marius maritz die volwassenes se berading.

Plaasbediening en Huisbesoeke

as u ‘n besoek wil ontvang, skakel gerus die kantoor vir ‘n afsrpaak.

060A3327

Nuus en Byeenkomste

Kontak Ons Vandag

    Phone

    071 851 4405

    Email

    Lettie@ligpunt.co.za

    Address

    Ligpunt AGS Kerk, 2780, Schweizer-Reneke

    Besigheids Ure

    Mon – Fri …… 08:00 am – 13:00 pm