





projekte
Getuig
Niks is meer kragtig as jou getuienis nie en Jesus het self gesĂȘ ons moet ons getuienis gebruik om die koningkryk uit te brei; deur te vertel wat Hy vir ons gedoen het!
Ligpunt het 'n projek begin waar ons getuienisse verfilm sodat dit 'n wyer gehoor kan raak. Ons saai van die getuienisse uit op ASTV en ons het 'n webblad www. getuig.org . Ons wil ook die getuienisse op dvd versprei.
Raak betrokke deur jou ore oop te hou vir getuienisse wat mense se lewens kan verander en deur dvd's te bestel en te versprei.
Onthou ons almal het 'n getuienis, ons almal het 'n storie...